HomeS.A.A.W.FClubs in SACompetitionsProfilesMediaFacebookLinksContact Us

All you want to know about armwrestling in South Africa - rules, clubs and much more information
 

 

Newspaper Articles

 

 

SA vrou druk haar pad oop na węreldkroon

BEELD -
Dec 09 2004 10:43:02:553PM

Wilhelm de Swardt

Wat doen jy as jy moeg is om vliegtuie en vragmotors rond te trek en trekkerbande te flip? Jy gaan soek 'n nuwe uitdaging soos armdruk en word węreldkampioen. Dit is wat die 44-jarige Judy Jacobs van die departement van justisie gedoen het.

Wat doen jy as jy moeg is om vliegtuie en vragmotors rond te trek en trekkerbande te flip?

Jy gaan soek 'n nuwe uitdaging soos armdruk en word węreldkampioen. Dit is wat die 44-jarige Judy Jacobs van die departement van justisie gedoen het.

Die armdruk-węreldkampioenskap is vandeesmaand vir die eerste keer in Durban aangebied. Sowat 600 sterkes van 32 lande het deelgeneem.

Volgens Jacobs was dit byna 'n geval van Russe net waar jy kyk - 120 van hulle het deelgeneem.

Jacobs se teenstander in die meestersafdeling (vroue ouer as 40) was ook 'n "Russiese tannie". Maar nie sommer net nog 'n tannie nie. Zinaida Kubacova was al die węreldkampioen. Verlede jaar het sy tweede geëindig.

Daarenteen het Jacobs in April vir die eerste keer deelgeneem.

"Ek is maar nog 'n groentjie. Wat baie gehelp het, is toe ek hoor hoe 'n omie van Japan vir iemand verduidelik dat in armdruk moet jy slim en vinnig wees. In die sport gaan dit oor 75% tegniek en maar 25% krag.

"My tegniek is nog nie wat dit moet wees nie. Ek maak nog te veel op my krag staat."

Jacobs en Kubacova het vier keer hande gevat om te bepaal wie die węreld se beste is. Twee keer het die Rus met slinkse plannetjies probeer om die Suid-Afrikaner te ontsenu. Jacobs het haar egter nie laat intimideer nie.

Die twee keer wat saak gemaak het, het Jacobs net 30 s nodig gehad om Kubacova tot oorgawe te dwing. 'n Wedstryd kan tot 2 min. duur.

"Ek het die Judy-wall ingespan om te wen. Niks kom sommer daardeur nie," sę Jacobs.

Jacobs het in die jare tagtig aan kragoptel deelgeneem en hou steeds die Suid-Afrikaanse rekord in benchpress. In 2001 was sy die vroue-węreldkampioen daarin. Later het sy tydens Sterkman-kompetisies 'n trekkerband al 105 keer geflip en 'n 36 t-vragmotor getrek.

Back