HomeS.A.A.W.FClubs in SACompetitionsProfilesMediaFacebookLinksContact Us

All you want to know about armwrestling in South Africa - rules, clubs and much more information
 

 

Newspaper Articles

 

 

Armdruk 'n sport vir oud en jonk

 

TANJA PIETERSE

 

ZAMBI NEWS - July 2007

 

http://www.zambi.co.za/imgup/july7_armdruk.gif"Dit gaan nie oor grootte nie, enigiemand kan armdruk doen,

dit gaan oor krag en tegniek", sę Willie Botha, kaptein van

die Suid-Afrikaanse armdruk-span.


Die Suid-Afrikaanse Armdruk-akademie het in 2002 lid van die

Węreld Armdrukfederasie geword en is nou een van meer as
52 lande wat aan die federasie behoort. Verlede jaar het die

SA-span aan die węreldkampioenskap in Manchester deelgeneem.

Daar was meer as 44 lande teenwoordig en meer as 1 400

armdruk-deelnemers.

Botha is die Suid-Afrikaanse 80 kg-kampioen en nommer nege in die węreld. Sy seun, De Wet (18), is tans die SA-kampioen in die 70 kg-afdeling en het 'n negende plek op die węreldkampioenskappe behaal.

Met Botha se Brothers in Arms-klub rig hy mense af en wys hulle waaroor armdruk gaan. Hy het al regoor suidelike Afrika werkswinkels in klein dorpies en skole aangebied om talent te soek.

"Dit is 'n redelike groot sport en dis vir meisies ook," sę Botha. Judy Jacobs was die eerste dame wat in 2004 armdruk-węreldkampioen geword het. "Oupa, ouma en kleinboet kan armdruk," vertel Botha.

Volgens hom is dit 'n goeie oorgangsport vir byvoorbeeld oud-rugbyspelers en -stoeiers. "Dit is 'n verskriklike lekker toeskouersport," sę hy.

Vanaf 5 Julie tot 1 September word daar elke Donderdagaand by die Maroela Hotel 'n armdruk-toernooi aangebied.

Amateurs en professionele armdrukkers kan deelneem en dit is hier waar Botha vir talent gaan soek. Vroeër vanjaar het hy 69 nuwe armdrukkers net in die noorde van Pretoria gewerf.

As musikant is Botha bevoorreg om regoor die land te toer en mense by feeste en vakansieoorde aan die sport bekend te stel. Sy droom is om armdruk as 'n skoolsport erken te kry.

Hy is bereid om tafels aan skole te skenk om die sport aan die gang te sit. Volgens hom word armdruk reeds in Europese skole as 'n sport erken.

"Dit gaan oor krag en tegniek," sę Botha. Hy vertel van mans met baie groot spiere wat vinnig uitval teen die kleiner ouens. "As jy nie krag het nie, kan jy nie die tegniek toepas nie. Jou hande en gewrigte is belangriker as om groot spiere te hę," sę hy.

Hy vertel dat hy in 1985 weermag toe gegaan het en net 49 kg geweeg het. "Ek was die kleinste outjie gewees," sę hy. Hy het besluit om te oefen en het sterker en groter geword.

Vandag is hy die węreldkampioen. "If you really want it, you can get it," sę hy.

Back