Lees die storie by:
http://jv.news24.com/Beeld/Mpumalanga/0,,3-2034_2530420,00.html
Sterkes
byeen vir titel
Jun 18 2009 09:44:12:293AM
Dit gaan ’n gebrul en gekners van tande
wees wanneer die manne en vroue met die
sterk arms mekaar in die Hoërskool Generaal
Hertzog se sporthuis aanvat.
Aletta Otto
Witbank. – Dit gaan ’n gebrul en gekners van
tande wees wanneer die manne en vroue met
die sterk arms mekaar in die Hoërskool
Generaal Hertzog se sporthuis aanvat.
’n
Paar van die groot name in armdruk-kringe
gaan van 2 tot 4 Julie aan die
Suid-Afrikaanse Armdrukkampioenskap by dié
Witbankse skool deelneem.
Die kampioenskap word deur Champs4africa
aangebied en beloof om hope opwinding en
aksie op te lewer.
Terence Opperman van Witbank, Gert Scheepers
van Secunda, Jacques Geel van Randburg en
Lizel de Jager van Kempton Park (voorheen
van Witbank) sal hier te siene wees.
Volgens Nanette Opperman, sekretaresse van
die Champs4africa-klub, groei armdruk as
sport tans dinamies.
“Die sport wen vinnig veld en ons beoog om
so spoedig moontlik erkenning as ’n formele
sprt op alle terreine van die sportwęreld in
Suid-Afrika te bekom. Armdruk is lankal nie
meer net ‘sports’ wat in kroeë en kantiene
plaasvind nie.
“Dit is ’n sport wat gebasseer is op uiters
wetenskaplike tegnieke en vaardighede en
word beoefen deur deelnemers uit alle vlakke
van die samelewing. Wat dit nog meer
aantreklik vir deelnemers en borge maak, is
die feit dat armdruk by uitstek ’n
toeskouersport is,” het Nanette aan
Mpumalanga-Beeld gesę.
Die Suid-Afrikaanse Armdrukfederasie (Saawf)
is steeds besig om die nodige infrastruktuur,
byvoorbeeld provinsiale besture en
skeidsregtergraderings en -opleiding, in
plek te stel. Hulle is reeds by die Węreld-
Armdrukfederasie (WAF) geafillieer.
Volgens Nanette is armdruk relatief goedkoop
om te beoefen. Die Saawf het ook reeds begin
om kompetisies by skole te reël, met die oog
daarop om hierdie uiters gesonde en
mededingende sport onder juniors te bevorder.
“Ons beoog derhalwe om projekte aan te pak
ten einde ons sport onder die jeug en
voorheen agtergeblewenes te bevorder.”
Armdruk kan deur die hele gesin beoefen word
omdat daar kategorieë is vir mans en vroue,
vir juniors (seuns en meisies) en
sub-juniors (6 – 12 jaar).
Die senior kategorie is vir ouderdomme van
19 tot 39 jaar en die meesterskategorie van
40 tot 49 jaar. Vanaf 50 jaar val in die
grootmeesterskategorie.
Deelnemers in enige van hierdie kategorieë
kan linkshandig of regshandig deelneem. Elke
kategorie is verder verdeel in
gewigskategorieë (massa).
Dan is daar ook ’n afdeling spesiaal vir
gestremdes. Gestremde deelnemers kan egter
ook in die “gewone” afdelings meeding.
Bel Nanette vir meer inligting oor die
kampioenskap en die sport by 079 893 1775.